AE411
Verslag oor \’n blokhuis uit die Anglo-Boereoorlog (1899-1902) op die terrein van die Rietvleidam Natuurreservaat, Pretoria
Summary
Tydens \’n ondersoek na sekere kultuurhistoriese reste op die Rietvleidam natuurreservaat, is die oorblyfsels van \’n blokhuis uit die Anglo-Boereoorlog (1899-1902) op die terrein geïdentifiseer. Daar is besluit om die blokhuis volledig te dokumenteer. Hierdie verslag is die resultaat daarvan.
Aangesien daar min oorgebly het van die duisende blokhuise wat tydens die oorlog in Suid Afrika opgerig is, word hierdie oorblyfsels as van besondere kultuurhistoriese waarde geag. Dit word ook deur die Wet op Nasionale Erfenishulpbronne beskerm. Gevolglik moet dit bewaar en volgens aanvaarbare standaarde bestuur word.
Report by
Anton C van Vollenhoven BA, BA(Hons), DTO, NDM, MA(UP), MA(US), DPhil(UP)