AE615

‘n Histories-argeologiese ondersoek van die watervore by Fort Wonderboompoort, Pretoria

Summary

Die watervore by Fort Wonderboompoort is opgegrawe met die doel om vas te stel van watse materiaal dit gemaak is en om die presiese gang daarvan te bepaal. Twee watervore is hier gevind. Die een loop van die waterpomp na die voorkant van die fort en die tweede van die stal na die fort se voorkant. Daar is bevind dat die vore met sement uitgelê was en dat die eersgenoemde voor ook sye van klip gehad het.

Omdat Fort Wonderboompoort en Fort Klapperkop in dieselfde tyd en deur dieselfde maatskappy gebou is, is daar aanvaar dat die vore inligting sou kon verskaf oor die watervore by Fort Klapperkop. Hierdie inligting is benodig as deel van die restourasie van laasgenoemde fort.

\’n Ondersoek na die vore by Fort Klapperkop het egter aangetoon dat dit met bakstene uitgelê was en nie met klip en sement nie. Gevolglik kon die inligting afkomstig van die vore by Fort Wonderboompoort nie vir die restourasie van dié by Fort Klapperkop benut word nie. Nietemin het dit waardevolle inligting oor die konstruksie van die vore by Fort Wonderboompoort opgelewer.

Report by

Anton C van Vollenhoven BA, BA (Hons), DTO, NDM, MA (UP), MA (US), DPhil (UP)