AE959

A historical archaeological investigation of the Ngotso Mouth Camp of Steinaecker?s Horse, close to Balule, Kruger National Park

Summary

Die terrein by Ngotsomond is een van verskeie wat tydens ?n opname van terreine wat met die Steinaecker?s Horse milit?re eenheid verband hou, ge?dentifiseer is. Historiese inligting dui daarop dat dit niks meer as ?n tydelike kampterrein van die eenheid was nie. Steinaecker?s Horse was ?n vrywilligerseenheid wat tydens die Anglo-Boereoorlog (1899-1902) aan die kant van die Britte geveg het.

Dit is bekend dat daar ook Ystertydperkbewoners in die omgewing van hierdie buitepos teenwoordig was. Die terrein is opgegrawe met die doel om meer oor Steinaecker?s Horse vas te stel, maar in die proses is sommige van die reste van die Ystertydperbewoning ook hanteer omdat dit waarskynlik saam in die argeologiese rekord voorkom. Die navorsing het voorts ten doel om die kulturele materiaal wat opgegrawe is met die materiaal, wat by ander buiteposte van die eenheid gevind is, te vergelyk.

Tydens die eerste opgrawingseisoen is vyf opgrawings gedoen. In al die gevalle was dit op areas met ?n verskeidenheid kultuurvoorwerpe en as sigbaar op die oppervlakte. Geen aanduiding van strukture kon gevind word nie.

?n Totaal van 5 436 artefakte is blootgel?. Dit is taamlik baie, maar nie verbasend nie, aangesien die areas wat opgegrawe is hoofsaaklik vullishope verteenwoordig. Uit die voorwerpe is afgelei dat die terrein gewis ?n milit?re teenwoordigheid gehad het en dus waarskynlik met Steinaecker?s Horse verbind kan word. Die voorwerpe stem grootliks ooreen met dit wat op die terreine van die eenheid se Noordelike buitepos naby Letaba en die pos by Sabiebrug opgegrawe is. Nietemin is sekere aspekte wat eerder met die Ystertydperk verband hou ook ge?dentifiseer.

Report by

Anton C. van Vollenhoven BA, BA (Hons), DTO, NDM, MA (UP), MA (US), DPhil (UP), Man Dip (TUT) Anton J. Pelser BA (Unisa), BA (Hons), MA (UWits)

Images