AE1003
A historical archaeological investigation of the Sabi Bridge Post of Steinaecker?s Horse, Skukuza District, Kruger National Park (Report no. IV)
Summary
Die terrein by Sabiebrug is een van verskeie wat tydens ?n opname van terreine wat met die Steinaecker?s Horse milit?re eenheid verband hou, ge?dentifiseer is. Historiese inligting dui daarop dat dit een van die belangrike buiteposte van die eenheid was. Steinaecker?s Horse was ?n vrywilligerseenheid wat tydens die Anglo-Boereoorlog (1899-1902) aan die kant van die Britte geveg het.
Bouwerk aan die spoorlyn en treinbrug voor en na die Anglo- Boereoorlog het ook oorblyfsels op die terrein nagelaat. Die terrein is opgegrawe met die doel om meer oor Steinaecker?s Horse vas te stel, maar ook om te probeer om die reste wat deur Steinaecker?s Horse nagelaat is te onderskei van dit wat met die spoorlyn verband hou. Die navorsing het voorts ten doel om die kulturele materiaal wat opgegrawe is met die materiaal, wat by die Noordelike buitepos te Letaba gevind is, te vergelyk.
Tydens die vierde opgrawingseisoen is twee vorige opgrawings oopgemaak en verder uitgebrei. Dit was die voortsetting van die opgrawing van twee strukture wat nie tydens die vorige seisoene voltooi is nie.
Meer as 500 artefakte is tydens die opgrawings blootgel?. Dit is heelwat minder as wat tydens die vorige opgrawingseisoene gevind is en word daaraan toegeskryf dat die strukture minder voorwerpe bevat as die ashope en onge?dentifiseerde areas van die vorige seisoene. Uit die voorwerpe is afgelei dat die terrein gewis ?n milit?re teenwoordigheid gehad het en dus waarskynlik met Steinaecker?s Horse verbind kan word. Die voorwerpe stem grootliks ooreen met dit wat op ander terreine van die eenheid se Noordelike buitepos naby Letaba opgegrawe is. Nietemin is sekere aspekte wat eerder met die aanl? van die treinspoor verband hou ook ge?dentifiseer.
Report by
Anton C. van Vollenhoven BA, BA (Hons), DTO, NDM, MA (UP), MA (US), DPhil (UP) Anton J. Pelser BA (Unisa), BA (Hons), MA (UWits)
Images

